Wiid Familie

by admin / January 18, 2018 / in Lifestyle / 0 comments

Die pragtige Wiid familie het hulself kom tuis maak in Gansbaai gedurende die Desember vakansie van 2017.
Ek het hulle bietjie Gansbaai Hawe toe geneem vir n foto sessie. Ek en Lize-Mari het later lekker begin geklets oor die telefoon en het ek darem vinnig agter gekom hierdie vrou wil met alles binne haar net in Gansbaai agter bly. Ek het omtrent my bes probeer om haar te oorreed. Hulle het dadelik lief geword vir hierdie dorp en sy het vir my gesê dat die gogga het haar gebyt! Ek noem toe: ” Dis daai anker teen die berg”
Jan-Albert en Lize-Mari ons mis julle hier in Gansbaai! Boeties Jandrè en Ruben het die water so geniet en die vissies wat hulle vanaf die hawe muur kon beloer.
Ek hoop ons sien julle sommer vinnig weer.

Leave a Comment!

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Loading