Van Zyl Familie

by admin / January 22, 2018 / in Lifestyle / 0 comments

Die Van Zyl gesin woon net so n klip gooi van my af en het ek nou n storie om julle te vertel oor hierdie gesin!
Twee jaar gelede stap ek en die kinders met ons oulike Piganese hondjies af see toe. Voor die Van Zyl’s se woning kom die pragtigste rooi kop dogtertjie aan gehardloop. So verlief op hierdie maaitjies en plat gesig woefies, vra sy toe haar Ouma of sy dalk mag saam met ons stap. Sonder twyfel sê ouma ja en ons geniet die stap tog te lekker. Voordat ons kon dink begin dit skemer trek en pak ons die stap-tog aan huis toe.
Die grootste wat ek al ooit geskrik het, kom die Ouma in die pad af gehardloop met bloed rooi ogies.
Die dogtertjies se ouers is woedend want hulle het geen idee saam met wie sy eintlik daar weg is nie. Iemand kon haar steel!
Die volgende dag het mamma en pappa kom gesig wys en jammer gesê, maar ek het so goed verstaan hoe hulle moes voel.

Twee jaar later lui my foon en boek ek die Van Zyl Familie vir n sessie, nie wetend dat dit hulle is nie.
Toe ek voor die deur stop moes ek lag. Toe hulle die deur oop maak, moes ek net vra of julle my onthou?
Toe ek begin vertel het almal begin lag!
Die snaakse maniere waarop n mens mekaar weer en weer raak loop.

 

 

Leave a Comment!

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Loading