Mnr & Mev Lourens {Murasie}

by admin / May 20, 2018 / in wedding / 0 comments

Vandat ek Anmarie deur eposse ontmoet het was ek mal oor haar.
Sy het net daardie ekstra ietsie aan haar wat n mens nie sommer aldag kry nie. Toe ek hulle in Desember ontmoet sodat ons hulle verlowings sessie kon doen het ek so opgewondeheid in my ontwikkel vir hierdie tweetjies se troudag.  Hierdie was los hande een van die mooiste troues wat ek al beleef het. “It’s so me”
Hulle het getrou by Murasie net buite Baardskedersbos. Op 3 Maart 2018, Die dag van die groot brand. Pearly Beach en omgewing het vanaf daardie dag 2 weke aan een gebrand. Ons senuwees was klaar want al die rook het na ons rigting gekom. Ons het dit maak werk, Ons agtergrond was pienk, maar werk het ons dit laat werk.
Die seremonie was pragtig! Die “dream catcher” het so saggies rond beweeg, hoog in die bome.
Die onthaal was een vir die boeke. Sy het haarself oortref. Die mooiste dekor.
Ek wou eers op my rug val voor ek verder wou werk.”imagine that”
Anmarie en Marlo is n ongelooflike paartjie en het die wonderlikste familie en vriende. Die dag was perfek.
“You did it”

Venue: Murasie (hierdie was die 2de laaste troue in die tent) Murasie bou nou n splinternuwe venue.
Dj: Annes Van Geems
Hare en Grimering: Paarl Skin & Aesthetics Centre (Elize-Mari Koen)
Rok: Teshlanique by Elmarie Bridal Design
Spyseniering: Alida Groenewald

Leave a Comment!

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Loading